Jan Koekemoer

Elana Brooks
April 19, 2017
Elaine Goldberg
April 19, 2017

Hallo Danie, ek wil jou graag terugvoering gee aangaande twee produkte wat ek by jou gekoop het.

Ek het Sport Muscle gel en Psoriase gel gekoop.

My vrou het so 8 jaar gelede ‘n baie groot rug operasie gehad waartydens twee werwels verwyder is en vervang is met twee yster werwels waarin ‘n silicon gel is. Vandaar het sy kroniese rugpyn en kan snags nie slaap nie. Buise en buise Voltaren is al op gebruik, maar dit hou nie baie lank nie, dan is die rugpyn weer terug. Ek het die Sport Muscle gel gekoop, en in die drie weke wat ons dit gebruik, is sy baie gelukkig. Sodra die gel ingevryf is, verdwyn die pyn en die heel nag kla sy nie van pyn nie. Die produk werk soos ‘n bom.

Ek kry sulke droeë doppe op my kopvel wat jeuk en as ek dit krap, loop daar vloeistof uit. Dit lyk altyd of ek vreeslik skilfers het, want my hemp se kraag is altyd vol vlokkies. Ek gebruik nou die Psoriase gel vir drie weke, en het nie ‘n doppie of jeukerigheid in sig nie. Ek het al baie geld by my medies geies vir spesiale druppels en dit werk nie. Apteke het al vir my kortisoon gemeng met rome, maar dit werk net so ‘n dag of twee. Met die gebruik van die Psoriase gel, is ek so gelukkig, en dit lyk altyd of my hare netjies gekam is, want dit hou sommer die hare in toom as die wind waai.

Ek sal beslis die produkte aanbevel en weer en weer van dit koop.