Susan Steyn

Belinda van Wyk
April 19, 2017

More Danie,

Hoop julle kry nie te koud in George nie. Ek het netnou met jou gesels oor my ma in Pietersburg. Ek wil graag die wonderlike nuus op skrif sit. Ek het vir my ma, Mev Lenie van Vuuren van Pietersburg  (sy is 78 jaar oud), ‘n potjie Bronchial gel bestel. Sy het ’n asma pompie vir 22 jaar gebruik as gevolg van senuwee asma wat sy opgedoen het na my broer oorlede is in ‘n motorongeluk.

Dit is vandag presies ‘n week wat sy die gel gebruik en het nog glad nie weer die asma pompie  gebruik of die pilletjie gedrink wat haar bors moet oopmaak nie. Sy werk self in haar huis en sê sy slaap rustig. Sy word nie meer uitasem soos altyd nie  en hoes nie in die nag nie. Sy kan nie genoeg dankie sê nie.

Nogmaals dankie vir jou. Jy het my ou moeder ‘n nuwe lewe gegee!